loading

Kletskompas - 13 Januarie 2022

Dr. Richard Obinna Iroanya, dosent in sekuriteits- en strategiese studies aan die Universiteit van Namibië se militêre skool, gesels oor die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap (SADC) se spesiale ontplooiingsmag – bekend as Samin – se rol in die konflikgeteisterde Cabo Delgado. Die buitengewone beraad van staats- en regeringshoofde van SADC het gister in Lilongwe, Malawi, besluit om dié militêre sending teen Moslem-militantes in Mosambiek verder te verleng. Iroanya het op NMH se ontbytprogram, Africa Good Morning, oor die noodsaaklikheid van lugsteun en die verskaffing van goeie intelligensie aan dié mag gesels. #Kletskompas Volg ons ook op die stromingskanaal, oneuptwo.com