loading

Kletskompas - 14 Oktober 2021

Hulle het Namibië voorheen op die wêreldnuuskaart geplaas en nou is geen uitsondering nie: Ons gesels oor die hof wat gister burgerskap aan die gay Lühl/Delgado-paartjie se seun toegestaan het. Kyk ‘n roerende video oor hoe Namibië se nuutste burgertjie vir die eerste keer sy landsvlag om hom kon draai. Ook in vandag se #Kletskompas: Mariselle Stofberg gesels met Stephne Isaak, al die pad van Maltahöhe wat deur haar liefde vir onderwys en lewensvaardighede onderrig 'n program begin het in die suide van die land om die Namibiese kind te bemagtig. oneuptwo.com