loading

Agri Monitor - 14 September 2021

Megaboere Cobus en Gaylene Coetzee wys hoe aartappels op hul plaas Bombay in die Abenab-gebied naby Tsumeb geoes word. In Nuusgesprek luister ons na ‘n onderhoud waarin prof. Morgan Hauptfleisch, hoof van die sentrum vir biodiversiteitsnavorsing aan die Namibië Universiteit vir Wetenskap en Tegnologie (Nust), vertel van ‘n internasionale wildnavorsingsprojek waarin diere se interaksie met die grond, veld, water en boerdery gemonitor word. ‘n Dankbare Koos Symington van Aranos vertel ook wat ‘n skenking grasbale vir hom beteken het ná hy weiding en skape in ‘n veldbrand verloor het. #AgriMonitor Volg ons ook op oneuptwo.com

  • Genre : None
  • Tags :